Musiek wat uit die
Suidwes-grond
spruit
Inspireer deur die Namib-woestyn, die kus van Swakopmund, en die diep stilte van die Visrivier Canyon, musiek wat jy in jou siel voel.
en Omgewing
Gedurende die negentiende eeu is die Niemandsland noord van die Oranjerivier deur die jagters, handelaars en verkenners die Trans-Orangia genoem.
Hierdie uitgestrekte droë landskap met spieëlbeelde van hitte en bronskleurige rotsagtige heuwels en berge wat gebak word in ondraaglike hitte lewer kleure van pers, rooi, oranje en diep blou — gelouter in ‘n vuuroond wat nie beter ingekleur word as in sy unieke sonsondergange nie.
Die plantegroei in hierdie deel van die wêreld is van die gehardste en het die vermoë om na enige reënbui jou asem weg te slaan deur hoe vinnig dit kan herstel tot die mooiste tonele denkbaar.
Die dierelewe besit die behoefte om elke waterpunt maksimaal te benut en baie diere kan langer as normaal sonder water oorleef — aangepas asof hulle spesiaal hier geplaas is deur ons Hoërhand.
In 1884 neem die Duitse Keiserryk hierdie ongerepte landskap onder sy beheer en Duits Suidwes-Afrika (DSWA) word gebore.
Die noordelike gedeelte bestaan uit grasvlaktes met Kameeldoringbome en Mopanies, terwyl die Namib-woestyn met sy oranje duine die oudste woestyn in die wêreld is. Die Visrivier Canyon is die naasgrootste in die wêreld na die Grand Canyon.
Die 1 400 kilometer weskus behoort aan die koue Benguela Seestroom wat mis veroorsaak en aan die Namib sy lewe gee in slegs 4mm reën per jaar.
‘n Land wat ek my Heimat noem — so hard soos Kameeldoringhout — en wanneer dit onder jou vel ingekruip het, kan dit deur niks vervang word nie.
Hier kom ek tot stilstand en ruik en sien weer die lewe en natuur om my raak!
“Hier voel die sand anders tussen jou vingers en die water gooi ‘n ander draai. Hier kom jy tot rus!”
Oor die volgende klompie weke gaan ek foto’s, videos en liedjies opsit van verskeie dorpe en die omgewing wat ek oor die jare gemaak het.
Hoop u geniet die samestelling! 🙏
Nuutste Liedjies
DJB
Gebore en getoë in die hart van Suidwes Afrika, skep DJB musiek wat die siel van die Namib spreek. Sy lirieke verweef die rou skoonheid van die landskap met die warmte van die Afrikaanse taal en kultuur — musiek wat mense van alle ouderdomme raak.
Elke liedjie is ‘n reis terug na die sand, die son, en die stille grootheid van ons tuisland. Musiek wat nie net gehoor word nie — maar gevoel word.
“Die sand vertel stories wat woorde nooit kan uitdruk nie — maar musiek kan wel.”









